Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Elna-gebou in Bellville brand

’n Foutiewe buislig het moontlik tot die brand gelei wat Dinsdag in ’n gebou in Bellville uitgebreek het.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstad-metro se brand-en-reddingsdienste, het die brand omstreeks 13:00 by die Elna-verkoop-en-dienssentrum in Pioneerstraat uitgebreek.

Noodspanne van Goodwood, Bellville, Belhar en Roelandstraat het daarop gereageer en die brand is om 13:42 in bedwang gebring.

’n Voorlopige verslag dui daarop dat niemand in die brand beseer is nie.

’n Brand het in ’n gebou in Pioneerstraat, Bellville, uitgebreek. Foto: Jaco Marais
Niemand is in die brand beseer wat Dinsdagmiddag in Pioneerstraat, Bellville, uitgebreek het nie. Foto: Jaco Marais
Die brand is glo deur ’n foutiewe buislig veroorsaak. Foto: Jaco Marais
Die brand is om 13:42 onder beheer gebring. Foto: Jaco Marais

Dan de Vos, eienaar van die Elna-sentrum, is om 12:45 van die brand ingelig en het hom daarheen gehaas.

Hy sê hulle vermoed dat ’n foutiewe buislig moontlik die brand veroorsaak het.

De Vos sê die brand raak die res van die land se Elna-bestellings.

“Die boonste gedeelte van die gebou waar die stoorkamers is, is geraak. Ons werk hier met bestellings van oor die land heen en die produkte kom van oorsee hierheen. Dit is die eerste keer in my 50 jaar by Elna dat daar ’n brand by een van ons geboue is.”

Adonia Joubert, ’n stoorklerk wat in die gebou was voordat die brand uitgebreek het, sê die ligte het skielik afgegaan en toe begin dit brand.

“Alles het baie skielik gebeur en ons het nie geweet wat aangaan nie.”

Joubert sê daar was omtrent 15 mense in die gebou, maar almal is veilig.

“Ons het net goed gegryp en uitgehardloop,” sê sy.

Volgens De Vos sal hulle sodra die gebou veilig is, probeer bepaal wanneer hulle hul werksaamhede kan hervat.

Meer oor:  Jermaine Carelse  |  Bellville  |  Kaapstad  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.