Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Etanol brand in fabriek

Brandbestryders het Vrydag ’n brand in ’n fabriek in Centurion geblus nadat 30 000 liter etanol vlamgevat het en voordat die vlamme nog 50 000 liter etanol in ’n ander deel van die gebou bereik het.

Volgens Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, is die brandweer na ’n fabriek in Sunderland Ridge, Centurion, ontbied.

Die dak van die fabriek het ineengestort, maar die brandweer het verhoed dat die vlamme na die agterkant van die fabriek versprei waar nog 50 000 liter etanol in dromme opgeberg word.

Die brand het omstreeks 15:45 uitgebreek. Geen lewensverlies of beserings is aangemeld nie. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.