Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
FOTO'S: 'Reënwolke' toe al die tyd rook van brand

Hy het op sy balkon gestaan en na die wolke gekyk. “Ek het nog vir myself gesê ek moet die gras gaan sny voordat dit begin reën.”

Warren Williams, ’n professionele fotograaf van Kaapstad wat nou in Langebaan bly, het weer gekyk en gewonder hoekom die wolke so vinnig aankom en so donker is.

Dis toe dat hy besef dis donker rookwolke en dat ’n gebou brand. Hy is onmiddellik die trap af om sy kamera te gaan kry. Dit was Woensdag omstreeks 10:30.

Rookwolke bokant die Driftwoods-restaurant in Langebaan wat Woensdag aan die brand geslaan het. Foto: Warren Williams
Brandweervoertuie Woensdag op die toneel waar die Driftwoods-restaurant in Langebaan gebrand het. Foto: Warren Williams
Omstanders kyk na die Driftwoods-restaurant in Langebaan wat gebrand het. Foto: Warren Williams

“Toe ek onder kom, het ek besef dis Driftwoods wat brand.”

Toe hy ná vyf minute by die bekende restaurant naby die Langebaanmeer kom, was die binnekant van die gebou in ligtelaaie.

“Van die eienaars van die ondernemings langs Driftwoods het reeds begin om die inhoud van hul ondernemings na buite te dra. Mense was bang dat die vlamme sou versprei.”

Hy sê dit het die brandweer ’n tydjie geneem om tot daar te kom, maar dat hulle redelik vinnig begin het om die brand te blus.

“Ek kon foto’s van die toneel neem. Die hitte van die brand was erg, so ek kon dit nie te naby waag nie,” sê Willams.

Linette Thurling, wat ontbyt by die restaurant Pearly’s langs Driftwoods geëet het, sê sy het iets hoor skiet.

“Dit was omtrent 10:00 en ek het redelik naby Pearly’s se kombuis gesit. Ek het iets hoor skiet, waarna die bestuurder vir my en ander klante gesê ons moet vinnig uitgaan.”

Die brandweerdienste in Saldanha het die brand bevestig en gesê die Saldanha-brandweerdienste is na die toneel waar die Driftwoods-restaurant gebrand het omdat Langebaan nie sy eie brandweerdienste het nie. Daar is aan Netwerk24 gesê dat dit moontlik ’n gaslekkasie was.

’n Brandbestryder by die Driftwoods-restaurant in Langebaan wat Woensdag gebrand het. Foto: Warren Williams
’n Man help om die brand by die Driftwoods-restaurant in Langebaan in bedwang te bring.Foto: Warren Williams
Die naambord van Driftwoods. Foto: Warren Williams
’n Brandbestryder in die gebou waar die bekende Driftwoods-restaurant in Langebaan is.Foto: Warren Williams
’n Brandbestryder in die gebou waar die bekende Driftwoods-restaurant is. Foto: Warren Williams
’n Brandbestryder probeer die brand in die Driftwoods-restaurant blus. Foto: Warren Williams
Die Driftwoods-restaurant in Langebaan. Foto: Warren Williams

Meer oor:  Langebaan  |  Brand  |  Weskus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.