Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Franskraal: 1ste huis brand, brandstigting vermoed

Die eerste huis op Franskraal het kort ná 14:00 vlamgevat nadat ’n brand vroeg Vrydagoggend by Masakhane, Franskraal, uitgebreek het.

Die huis is in Naudestraat geleë.

Vlamme by Franskraal.Foto: Facebook/Surita Riffel
Rooi wolke hang oor Franskraal. Foto: Facebook/Surita Riffel

Bronne op Gansbaai sê die brand is vermoedelik ’n gevolg van brandstigting. Onwettige strukture is Vrydagoggend in Masekhane platgevee en die brand het ’n uur of twee daarna in Masakhane uitgebreek.

Verskeie inwoners van Franskraal met huise naby aan die bosse wat Franskraal en Masakhane skei, het die nodige dokumente en ander goed begin pak en na die strandgebied gery, waar hulle gesit en wag het om te hoor of hulle na hul huise kan terugkeer.

Die Overstrand-munisipaliteit het teen 13:00 ’n waarskuwing uitgereik en mense gevra om die gebied te ontruim.

Surita Riffel het laat weet dat sy en haar man reeds die nodige dokumente en ander goed wat hulle kan nodig kry, gepak het en op die punt staan om hul huis te verlaat. Hul huis is ’n paar 100 m van waar die brand ná 13:30 gewoed het.

Kyk hier na nog foto's.

Meer oor:  Franskraal  |  Brand  |  Brandstigting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.