Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Geld met wynproe ingesamel vir herbou van tolhuis

’n Wynproe word Donderdag in die George-museum gehou om geld in te samel sodat die tolhuis in die Montagupas, wat verlede maand in ’n groot veldbrand in puin gelê is, herbou kan word.

Die binnekant van die tolhuis in die Montagupas ná die brand. Foto: Jackie Kruger

“Dit is ons eerste groot insameling vir die tolhuis,” sê Gerda Stols, voorsitter van die organisasie Vriende van die Tolhuis wat die tolhuis restoureer. “Herold Wyne het vir ons spesiaal ’n witwyn gebottel wat as die ‘Toll House’ bekend sal staan.”

Die tolhuis het op 29 Oktober afgebrand nadat ’n veldbrand by Herold ontstaan en in die Outeniekwaberge versprei het.

Die tolhuis is 173 jaar oud en was die huis van die tolgaarder en sy gesin in die Montagupas. Die Vriende van die Tolhuis is in 2015 deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vereer vir sy restourasieprojek om die historiese baken vir die nageslag te bewaar. Die Wes-Kaapse Erfenisraad het toestemming vir die restourasie gegee. Die tolhuis is in 1971 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Volgens Stols begin die geleentheid om 18:30 in die Sayer-saal van die George-museum en moet mense hul eie wynglase saambring. Toegang beloop R120 per persoon.

Vir meer inligting skakel 083 772 8252 of 083 440 6953.

Meer oor:  Geldinsameling  |  Wynproe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.