Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Groot brandskade by papier-herwinner

Verskeie voertuie en masjinerie wat gebruik word om papier te herwin is Maandag beskadig ná ’n brand by ’n onderneming in Bloemfontein.

’n Brand het ’n gedeelte van OFS Waste Paper, wat papier herwin, Maandagmiddag in puin gelê het.

Die oorsaak van die vernietigende brand by OFS Waste Paper in Hamilton is nog nie bekend nie, sê Braam van Zyl, afdelingsbeampte van die Mangaung-brand-en-reddingsdiens.

Die brand het net ná middagete uitgebreek.

Volgens Van Zyl het die brand by ’n stoorplek buite die gebou ontstaan en vinnig na binne versprei.

“Weens die hitte en sterk wind het die brand vinnig oor ’n groot oppervlakte versprei.”

Van Zyl sê verskeie voertuie en masjinerie is in die brand beskadig.

Die eienaars van OFS Waste Paper kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Hamilton  |  Papier  |  Brandskade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.