Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Huis bly in slag weens brand by Waenhuiskrans

’n Huis is Woensdagmiddag by Waenhuiskrans in die Overberg verwoes nadat ’n brand naby Bredasdorp oor die Arniston-pad gespring het.

Digte rookwolke Dinsdag in die omgewing van Waenhuiskrans in die Overberg, nadat ’n brand die vorige middag ontstaan het. Teen Woensdag het die brand weer opgevlam en een huis het in die slag gebly.Foto: Jaco Marais

Reinhard Geldenhuys, brandweerhoof van die Overberg-distriksmunisipaliteit, het om 15:30 bevestig dat die brand na die noorde van dié kusdorp versprei het en deur ’n stormsterk suidwestewind aangeblaas word.

Die brand het om 13:45 weer opgevlam en na digte plantegroei teenaan Waenhuiskrans versprei, waar ’n huis afgebrand het wat glo op ’n private reservaat naby die kus geleë is.

Geldenhuys sê ’n helikopter en grondspanne spook om die brand te blus.

Inwoners van Kassiesbaai het die middag aangedui dat hulle die strooidakke van hul vissershuise natmaak om dit teen die brand te beskerm, terwyl die brand ook oorkant die pad van ’n ontwikkeling vir HOP-huise woed.

’n Veldbrand het Maandagmiddag sowat 3 km wes van Waenhuiskrans ontstaan en in die rigting van die De Mond-natuurreservaat versprei.

Teen die oggend was 80% van die brand in die omgewing in bedwang en het dit teen 11:00 weer op plekke opgevlam en vir ’n swaar rookwolk by Galjoengat gesorg.

Die vullishoop in Waenhuiskrans het oornag ook aan die brand geslaan en brandbestryders het teen die oggend nog die gebied opgeruim en gemonitor.

Meer oor:  Overberg  |  Waenhuiskrans  |  Bredasdorp  |  Brand  |  Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.