Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Hulp stroom in vir Knysna
Werkers van Makro in Kaapstad het Donderdag blikkieskos en ander produkte gepak wat vir rampgebiede bestem is. Foto: FACEBOOK

Hulp stroom in vir storm- en brandgeteisterde gebiede in die Suid- en Wes-Kaap. Absa het R10 miljoen geskenk vir rampverligting, wat onder meer tente insluit vir mense wat dakloos gelaat is.

Wegholbrande het Woensdag talle huise in die Knysna-omgewing in puin gelê en Donderdag sy verwoestingstog na Plettenbergbaai voortgesit. Die storm wat Kaapstad Woensdag getref het, het ook groot skade aangerig.

Luidens ’n verklaring van Absa skenk hy onder meer 5 600 Cape Epic-tente.

Checkers, Woolworths en Massmart gaan hulp verleen in Kaapstad en Knysna.

Die Gift of the Givers-stigting het Donderdag gesê hy het ’n vragmotor met water na Knysna gestuur. Makro het op die stigting se beroep gereageer en water en ander produkte soos blikkieskos na rampgebiede gestuur.

Die Burger en Netwerk24 samel in Kaapstad skenkings in wat vir Knysna bestem is. On the Dot, Media24 se logistieke onderneming, neem dit na Knysna se brandweerstasie.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) het beamptes van Alberton af gestuur om die Tuinroete-DBV te help om verlore diere in Knysna na George te neem. Die Tuinroete-DBV het Woensdag reeds 60 diere van die Knysna-dierewelsynsorganisasie na George gebring.

Meer oor:  Absa  |  Checkers  |  Woolworths  |  Liefdadigheid  |  Knysna-Brand  |  Skenkings  |  Hulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.