Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Iemand sit agter dié brande, meen minister

Iemand sit agter die vlaag voorvalle van brandstigting by die departement van gesondheid se Civitas-gebou in Pretoria, volgens Thulas Nxesi, die minister van openbare werke.

Nxesi het die bewerings dat die gebou gesondheidsgevare vir werkers inhou op ’n nuuskonferensie in die stad verwerp.

Thulas Nxesi, minister van openbare werke.Foto: Argief

“Ons verwerp die sensasionele opskrifte in die media dat die gebou ’n lewensgevaarlike plek is. Nie een van die toepaslike, gemagtigde instellings wat dit ondersoek het, het dit ooit as onbewoonbaar verklaar nie,” sê Nxesi.

“Daar was die afgelope week twee pogings van brandstigting. Die mees onlangse was Donderdagmiddag toe ’n brand op die 14de verdieping gestig is, terwyl daar nog mense in die gebou was.”

Netwerk24 het Woensdag berig dat staatsdienswerkers Woensdag deur betogende kollegas geïntimideer en uit hulle kantore gedwing is.

Die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) en die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) is sedert April op ’n sloerstaking oor wat hulle beskou as swak gesondheidstandaarde in die gebou. Die werkers wat staak, gaan elke dag om 13:00 huis toe.

Meer oor:  Thulas Nxesi  |  Jhb-Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.