Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Inwoner van Wuppertal sterf ná brandwonde

Medelye stroom in vir Jackie Valentyn (57) wat Dinsdag in die Tygerberg-hospitaal in Bellville, Kaapstad, dood is nadat sy sowat ’n maand gelede brandwonde in die verwoestende Wuppertal-brand opgedoen het.

'n Lugfoto van Wuppertal ná die verwoestende brand.

Die brand op 31 Desember het minstens 200 mense in dié dorpie haweloos gelaat. Talle geskiedkundige geboue het ook in die slag gebly.

AJ van Brandt is net een van talle wat sy medelye aan die Valentyn-familie op Facebook betoon het.

“Jou glimlag sal vir ewig in ons harte wees. Ons innige meegevoel aan tannie Henna en die res van die Valentyn-familie,” het Van Brandt in die Facebook-groep Staan saam Wupperthal geskryf.

Una de Lille het geskryf: “Medelye aan die familie, die skool en families van Wuppertal. Ek hou almal in my gebede.

Shivorne Vonnas het gesê: “God leen ons net aan hierdie aarde en wanneer Hy besluit dat Hy jou in die hemel nodig het, kom haal hy jou en vat jou huis toe. Juffrou Jackie is nou tuis en so gemaklik as wat sy kan wees sonder enige pyn of kommer. Nog ’n engel wat af kyk oor Wupperthal.”

“So jammer oor die verlies tannie Henna en die familie. Mag haar siel in vrede rus. Ek bid vir jou in hierdie droewige tyd. Mag God met jou wees,” het Salvia Ockhuis geskryf.

Valentyn, ’n oudonderwyseres, se begrafnisdiens dal op 9 Februarie in Elsiesrievier gehou word. Haar liggaam sal op 16 Februarie in Wuppertal ter ruste gelê word.

“Ek wil vriendelik versoek dat ons die Valentyn-familie in hierdie donker oomblik ondersteun,” het Brandt geskryf.

Planne is onderweg om die dorp te herbou.

’n Rampbestuursentrum is in ’n ou fabriek opgerig om die herbou van geboue te organiseer. Daar is ook planne om van die ruïnes plat te slaan.

Meer oor:  Wuppertal  |  Brandwonde  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.