Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Knysna-brande: So kan jy help

Die brande in Knysna het groot verwoesting gesaai en duisende dakloos gelaat. Teen vanoggend moes sowat 10 000 mense hul huise ontruim. 

Mense wat wil help kan van verskeie donasiepunte gebruik maak of skenkings maak deur organisasies wat vir die inwoners van Knysna geld, kos, klere en ander benodighede bymekaarmaak:

Die Burger vra lesers om voor 17:00 Donderdag items soos komberse, klere, kos en skoene, asook honde- en kattekos na sy kantoor in Bellville, Kaapstad, te bring. Dit is op die vierde verdieping van die Bloemhof-gebou by Edwardweg 112.

’n Vragmotor van Die Burger sal vanaand na Knysna ry om die skenkings af te lewer.

Operation SA het 'n fonds gestig waar mense geld kan inbetaal. 

Jacaranda FM ontvang skenkings namens die slagoffers. 

Naam: JacFM GMA

Rekeningnommer: 62411883590

Bank: FNB

Gebruik "Knysna Fire" as verwysing.

Algoa FM ontvang skenkings van geld, asook ander items by hul ateljee in Port Elizabeth. 

Rekeningnommer: 4061993224

Takkode: 632005

Bank: Absa

Gebruik "Algoa Cares Rescue" as verwysing. 

Pick 'n Pay sal enige aanlyn aankope wat aan die inwoners van Knysna geskenk word gratis aflewer. 

Die Spur-stigting is gereed om skenkings te ontvang. Altesaam 2 000 burgers is ook vandag by die Knysna Vineyard-kerk beskikbaar vir mense in nood. 

Gift of the Givers het 'n vragmotor met gebottelde water na Knysna gestuur, maar ontvang ook skenkings namens die inwoners. 

Slagoffers wat blyplek nodig het, kan die Wildernis-hotel kontak. 

Mense wat nie met hul geliefdes in Knysna kan kontak maak nie, kan die Facebookblad "Knysna Fires - Safety Checkin" besoek. 'n Groep vrywilligers het die blad geskep sodat slagoffers kan bevestig dat hulle veilig is. 

Skenkings kan by die volgende punte afgelaai word:

Garden Route Mall: Inligtingstoonbank

Eden Meander Lifestyle Centre: Sentrumbestuur

Mosselbaai Mall: Sentrumbestuur

Knysna: Voor Woolworths of by sentrumbestuur

Port Elizabeth

Cleary Park-inkopiesentrum

Baywest Mall

Greenacres-inkopiesentrum

Walmer Park-inkopiesentrum

Algoa FM-ateljee, The Boardwalk, Summerstrand

Amptelike rampbestuur-aflaaipunte

Sedgefield-brandweer

Metlerkamps, oorkant die Knysna-brandweer

Knysna- en Sedgefield-toeristesentrums

Loeriepark-stadiom

Brandweer in George (Pioneerstraat, Pacaltsdorp)

Wat is nodig?

Ongeag of mense items uit hul eie huise skenk of aanlyn koop, is die volgende items belangrik:

Klere (veral baadjies en warm kledingstukke)

Komberse en kussings

Handdoeke

Babadoeke, -bottels, -kos en formulemelk

Toiletbenodighede

Niebederfbare kos

Troeteldierkos

Meer oor:  Knysna  |  Skenkings  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.