Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Knysna-helper kry gratis hulp ná hondbyt

Diederick Stopforth van Johannesburg onlangs in Knysna toe hy en ander brandbestryders gehelp het om brande daar te blus.

n Vrou van Knysna wat gebyt is deur een van die honde wat sy ná die brande gehuisves het, is danksy die hulp van weldoeners na Johannesburg gevlieg waar ’n dokter haar gratis behandel het.

“Die een hond was verbouereerd en het haar sleg in die gesig gebyt,” sê Diederick Stopforth, ’n Johannesburgse sakeman wat as vrywillige brandbestryder in Knysna gewerk het. Die vrou het onder meer bytwonde aan haar wang en oog opgedoen. Sy is hospitaal toe en het mediese behandeling ontvang, maar die hospitaal moes ontruim word.

Die vrou is nie ’n lid van ’n siekefonds nie. Ná ’n pleidooi op Facebook deur ’n vriendin, het ’n dokter laat weet hy kan haar help, mits sy Gauteng toe kan kom.

Stopforth en sy span vrywilligers het met die hulp van ’n lugdiens gereël dat sy Johannesburg toe gevlieg word, waar sy behandel is. “Die dokter het fantastiese werk gedoen.” Die vrou kon nie vir kommentaar bereik word nie, maar na verneem word, gaan dit goed met haar.

Stopforth sê dit is wonderlik hoe mense mekaar tydens die brande gehelp het. Nadat die brande buite beheer geraak het, het hy besluit om 100 brandbestryders bymekaar te kry om te help. Danksy kontakte, uitsendings op radiostasies en hulp van ’n lugdiens is die groep twee dae later George toe.

“ ’n Onbekende man het vir ons radio’s aangebied. Toe ons op die George-lughawe land, het twee busse reggestaan om ons te vervoer.”

’n Brandtoneel in Knysna waar brandbestryders van Johannesburg gehelp het.

Daar was ook verskeie aanbiedinge vir verblyf, maar hulle het besluit om in ’n hotel naby die beheersentrum te bly. Mense het met ’n sleepwa van Ballito in KwaZulu-Natal kos aangery Knysna toe, wat Stopforth-hulle later aan inwoners uitgedeel het. Ondernemings in Knysna het brandtoerusting geskenk en iemand het sy bakkie gratis aan hulle beskikbaar gestel. ’n Onderneming het die bakkie gratis gediens nadat hulle dit gebruik het.

“Dit was die beste week van my lewe,” het Stopforth gesê.

Meer oor:  Knysna  |  Knysna-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.