Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Knysna se brandponie gaan nou kinders help

’n Nuwe rol wag op Knysna se geliefde Cody, die ponie wat verlede jaar tydens die verwoestende brande in die gebied vir 16 dae met brandwonde in die veld oorleef het en toe met die N2 huis toe gestap het.

Cody is aangewys as die diere-ambassadeur vir die Eden Empathy-inisiatief, ’n projek om kinders en diere in minderbevoorregte gemeenskappe te help om geweld en misbruik te verwerk, luidens ’n verklaring.

Cody (met die masker om sy oë te beskerm nadat dit weens brandwonde baie sensitief is) in die veld. Foto: Facebook/Kim Clayton/CodytheBrave

Toe die brande op 7 Junie 2017 uitbreek, is Cody en nog vier ponies van Karen Rademeyer se plaas in ’n nabye plantasie ingejaag omdat die diere te midde van die chaos nie wou toelaat dat mense hulle vang nie. Al die ander perde is na veiligheid gebring.

Die plantasie waar die ponies was het toe nog nie gebrand nie en Rademeyer-hulle wou die ponies later weer daar kry. Die wind het gedraai en die gebied waar die ponies was, het vier dae lank gebrand. Die oorskot van twee ponies is later gekry. Die ander twee word nog vermis.

Rademeyer sê Cody het teen die verwagting in herstel.

“Hy het gewys dat mens en dier kan herstel van trauma, al is dit hoe erg. Maar mense moet dapper genoeg wees om hulp te soek.”

Die projek sal jong kinders help met emosionele kwessies, om leierskapsvaardighede te ontwikkel en om hulle meer van wilde en huisdiere te leer. Hulle sal empatie geleer word deur terapie met die diere.

Rademeyer sê empatie is nie ’n keuse nie, maar iets wat almal kan voel.

“ ’n Mens verloor maklik empatie wanneer jy emosies onderdruk wat seermaak. Die onvermoë om te voel of om om te gee is dikwels hoe mense wat misbruik word, self oortree. Dit is wat die Eden Empathy Initiative deur vroegtydige ingryping wil voorkom.”

Sy sê die projek behoort kinders en diere te help, bewusmaking te skep oor hoekom daar so min empatie in Suid-Afrika voorkom, en hoe mense kan saamwerk om gemeenskappe weer te laat omgee.

Die plaaslike departement van onderwys ondersteun die projek.

’n Skarefinansieringsveldtog is begin vir die aanvanklike ontwikkelingsplan en koste om die projek te begin. Besoek https://www.backabuddy.co.za/champion/project/cody-the-brave-the-next-chapter vir meer inligting.

Meer oor:  Karen Rademeyer  |  Cody  |  Knysna-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.