Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Koshuis-brand: Studente kan besittings kry

Inwoners van die Universiteit Stellenbosch (US) se Huis ten Bosch-vrouekoshuis kon Woensdag vir die eerste keer van hul goed uit die koshuis gaan haal nadat die koshuis Maandagaand weens ’n brand op die derde verdieping ontruim is.

’n Lugfoto wat die omvang van die brandskade aan die Huis ten Bosch-vrouekoshuis op die Universiteit Stellenbosch-kampus wys. Foto: US

Yusrah Davids, nuutverkose onderprimaria van die koshuis, het gesê inwoners word in sekere tydgleuwe by die koshuis ingelaat om hul besittings, soos selfone, studentekaarte, klere, skoene en toiletware uit hul kamers te gaan haal.

Dit kom nadat ’n brand op die derde verdieping agt kamers en die dakgedeelte bo dit verwoes het. Niemand is ernstig beseer nie, maar al die inwoners is moes die koshuis verlaat met net die klere wat hulle Maandagaand voor 19:00 aangehad het en die besittings by hulle.

Davids sê die inwoners moet met die fasiliteitsbestuurder reël as hulle van hul goed wil gaan haal. Diegene wie se kamers in die brand beskadig is, het nie veel oor nie.

Intussen bly die vroue steeds by vriende, familie of ander universiteitsbehuising totdat permanente reëlings getref kan word.

“Baie dankie aan almal wat al skenkings gemaak het, en ook baie dankie aan al die meisies wat positief bly,” lui ’n boodskap van Davids.

Die US sê in ’n verklaring ’n skadebepaling deur die US en eksterne konsultante het getoon dat die brand en water taamlike groot skade aan sommige dele van die koshuis aangerig het.

“Huis ten Bosch sal vir die res van die semester nie as ’n koshuis gebruik kan word nie,” lui die verklaring.

“Ons kon sover vir sowat 60 vroue in ander koshuise plek maak. Studente wat die ergste deur die brandskade geraak is en studente wat van ver kom, is soontoe verskuif.”

Sowat 100 studente gaan tans tydelik by familie of vriende tuis totdat die US meer verblyf naby die US-kampus kan vind.

“Ons is hard aan die werk om die uitdagings teen Sondag te bowe te kom sodat die studente van Maandag af hul akademiese aktiwiteite soos normaal kan voortsit.”

Meer oor:  Us  |  Stellenbosch  |  Huis Ten Bosch  |  Besittings  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.