Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brand by Matie-kampus: Een student vir brandwonde behandel
brand, huis ten bosch
Die brand by Huis te Bosch, vrouekoshuis op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch, het omstreeks sewe-uur uitgebreek en is om halfnege Maandagaand geblus. Foto: Rebecca le Roux/Verskaf

’n Verwarmer wat glo “ontplof” het, het moontlik Maandagaand die brand in die vrouekoshuis Huis ten Bosch van die Universiteit Stellenbosch veroorsaak.

brand, huis ten bosch
Die brand by Huis ten Bosch is Maandagaand laat geblus. Foto: Foto: Marco Oosthuizen

Die brand het omstreeks sewe-uur in ’n kamer op die derde vloer ontstaan en meer as 160 studente is inderhaas ontruim. 

Die Stellenbosse brandweer kon teen halfnege die vlamme in bedwang bring, het Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, gesê. 

Volgens Viljoen is die oorsaak van die brand nog onbekend.  

’n 20-jarige vrou is vir brandwonde behandel, maar niemand het ernstige beserings opgedoen nie.

’n Student, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het gesê ’n verwarmer het in ’n meisie se kamer “ontplof”. Hulle kon die meisie ongedeerd na veiligheid bring.“Op die oomblik is die studente, en veral die internasionale studente, bekommerd oor hul dokumente, skootrekenaars en ander besittings.”

’n Ouer wat Maandagaand haar dogter in die koshuis Nerina besoek het, sê Huis ten Bosch-studente was paniekbevange.

Agt kamers in een vleuel het glo afgebrand. 

Paulu Joubert, voorsitter van die prim-komitee, het bevestig al 164 studente wat ontruim is, is veilig. 

Die studente is by die manskoshuis Wilgenhof in drie groepe verdeel sodat verblyfreëlings getref kon word.

Prof. Wim de Villiers, die rektor, het die studente ook hier toegespreek. Studente wat nie by vriende blyplek kon kry nie, is Maandagaand in verskeie koshuis gehuisves. 

* Huis ten Bosch is ook in 1983 deur ’n brand beskadig. Inwoners staan sedertdien as die “Dames van die Vuur” bekend, volgens die koshuis se webtuiste. 

Ongeveer vyftig meisies, byna ’n derde van die inwoners, het al hul boeke, aantekeninge, klere en persoonlike besittings wat in hul kamers was, verloor. 

Enkele dae ná die brand het bouers met opruimwerk begin en teen middel November het die dak – wat heeltemal verwoes is – weer gestaan.

Enkele dae na die brand het die bouers met opruimwerk begin en teen middel November het die dak – wat heeltemal verwoes is – weer gestaan.Die 46 jaar oue koshuis se voorkoms het dieselfde gebly, behalwe dat die eetsaal na die agterkant van die gebou vergroot is om vir ’n ontspanningsaal voorsiening te maak.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Koshuis  |  Huis Ten Bosch  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.