Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Kouga gaan self brand in St. Francisbaai ondersoek

Terwyl die polisie na twee mans soek wat moontlik verantwoordelik is vir die brand wat 12 luukse huise in die vakansiedorp St. Francisbaai in die Oos-Kaap in puin gelê het, sal die plaaslike munisipaliteit vandeesweek met ’n onafhanklike ondersoek na die oorsaak van die brand begin.

Agt huise is afgebrand en nog vier beskadig toe ’n wegholbrand Donderdagmiddag deur ’n gedeelte van die dorp versprei het.

Een van die huise wat verlede week in St. Francisbaai in die Oos-Kaap afgebrand het. Foto: Verskaf

Die polisie het Vrydagmiddag ’n saak van brandstigting geopen nadat ’n vrou inligting aan hulle gegee het wat oënskynlik verband hou met die ontstaan van die brand.

Volgens die polisie het die ooggetuie aangevoer sy het die betrokke Donderdagmiddag twee mans met ’n byekorf in ’n stuk veld agter Lymeweg-noord gesien. Die twee mans het vermoedelik die bye met rook probeer verjaag toe die brand ontstaan het. Die mans het glo van die toneel af weggehardloop toe die brand ontstaan.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê niemand is in hegtenis geneem nie en daar word steeds na die twee mans gesoek.

Laura-Leigh Randall, woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, het Maandag gesê die munisipaliteit is bewus van die polisieondersoek. Tog gaan die munisipaliteit voort om ’n onafhanklike forensiese ondersoek na die oorsaak van die brand te doen.

Randall sê die ondersoek sal na verwagting vandeesweek begin.

Die kosteberaming van die brandskade moet deur Kouga se afdeling vir stadsbeplanning bepaal word.

Randall het die publiek gewaarsku om weg te bly van die huise wat in die brand beskadig is, aangesien die strukture onveilig is.

Die polisie het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help. Ao. Lwazi Solombela kan by 071 475 1831 gebel word.

Net die buitemure en ’n swembad is nog staande nadat ’n brand verlede week ook hierdie huis in St. Francisbaai vernietig het. Foto: Facebook
Meer oor:  St. Francisbaai  |  Oos-Kaap  |  Brande  |  Ondersoek  |  Soektog  |  Verdagtes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.