Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Kyk: Kuierplek in Bloem brand af

Die Cubana Havana Lounge-kuierplek in Bloemfontein het Saterdagoggend afgebrand.

Die brand in die Cubana Havana Lounge het uitgebreek die oomblik toe die Kubaanse volkslied by die beeld van Fidel Castro in die stad gesing is.

Die kuierplek is in Tweedelaan, net 'n paar strate van die Castro-beeld in die middestad.

Die Cubana Havana Lounge in Bloemfontein het Saterdagoggend afgebrand. Foto: André Damons

Ace Magashule, die sekretaris-generaal van die ANC en oudpremier van die Vrystaat, is die hoofspreker op die geleentheid om die tweede jaar van Castro se dood te gedenk. Hy het die beeld van die Kubaanse kommunistiese leier voor die hoofkantoor van die Vrystaatse regering laat oprig.

Die Kubaanse ambassadeur in Suid-Afrika en verskeie Kubane woon die geleentheid by.

Dik rookwolke het oor die beeld gewaai net toe die geleentheid begin het.

Magashule het bekommerd omgekyk toe die sirenes van die noodvoertuie opklink.

Volgens n veiligheidswag op die toneel het mense net so voor 10:00 opgelet hoe rook by die restaurant se dak uitkom.

Die werkers het daarna die gebou verlaat voordat dit in ligte laaie opgegaan het.

Die Mangaung-brandweeren-reddingsdiens was vinnig op die toneel en het nie lank geneem om die brand te blus nie.

Brandweermanne wat van diens af was het ook opgedaag om te kom help.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, saam met die Kubaanse ambassadeur, Rodolfe Beuitez.
Fidel Castro in ‘n Botha se bril. Dit moet die toppunt van ironie wees. Hier staar die Kubaanse kommunistiese leier die Vrystaatse vlaktes in soos hy gereflekteer word in Lungile Botha, ‘n, se bril. Botha is ‘n veiligheidsbeampte met die optrede van Ace Magashule se optrede met die tweede herdenking van die dood van Castro by sy beeld voor die hoofkwartier van die Vrystaatse regering in Bloemfontein. Dit ‘n dag nadat die Vrystaatse Universiteit aangekondig het dat die beeld van die vader van die Vrystaat, pres. M.T. Steyn moet weg van die kampus.

Meer oor:  Ace Magashule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.