Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: 4 treinwaens brand op stasie in Simonstad

Vier treinwaens van ’n Metrorail-trein het Maandagmiddag op die Glencairn-stasie in Simonstad gebrand en daarmee grootskaalse ontwrigtings vir pendelaars teweeggebring.

Riana Scott, Metrorail-woordvoerder, sê trein 0182 wat van Simonstad na Kaapstad gery het, het omstreeks 13:30 op die Glencairn-stasie aan die brand geraak.

“Volgens ons voorlopige inligting is niemand beseer nie. Die brandweer, polisie en Metrorail-spanne is op die toneel.”

Scott sê alle inkomende en uitgaande treine na en van Simonstad moet vir nou op die Vishoek-stasie stop. “Pendelaars word aangeraai om alternatiewe vervoerreëlings tussen Vishoek en Simonstad te tref. Daar sal met die opruimingswerk begin kan word nadat die trein na die depot verskuif is, waarna die moontlike skade aan die spoorinfrastruktuur ondersoek sal word.”

Die koste van die skade is nog nie bekend nie.

Die Trein wat Maandagmiddag op die Glencairn-stasie in Simonstad aan die brand is. Foto: Verskaf
Een van die treinwaens wat uitgebrand het.Foto: Verskaf
Die treinwaens wat op die Glencairn-stasie aan die brand was. Foto: Verskaf
Die rook kon van vêr gesien word van die treinwaens wat op die stasie in Simonstad aan die brand was. Foto: Verskaf

Meer oor:  Metrorail  |  Simonstad  |  Treinwaens  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.