Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: 3 winkels in Boksburg verwoes in brand

Drie winkels is Donderdag verwoes in ’n brand wat kort ná 08:00 by die East Rand Retail Park in Boksburg, Johannesburg, uitgebreek het.

Coricraft, Adidas en Tekkie Town is in puin gelê en ’n deel van Jam is grotendeels beskadig. ’n Brandmuur van die Capitec-kitsbank het verhoed dat die brand na die res van die sentrum versprei.

’n Span van 50 mense, wat sowat 30 brandbestryders insluit, het die oggend verwoed gewerk om die brand, wat by Coricraft ontstaan het, in bedwang te bring.

Coricraft in Boksburg is Donderdag in ’n brand verwoes.Foto: Eugenie Gregan
Adidas in Boksburg is Donderdag in ’n brand verwoes. Foto: Eugenie Gregan

William Ntadi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, sê die winkels was reeds in ligte laaie toe die brandweer omstreeks 08:15 ontbied is.

“Die brandweerstasie is reg agter die sentrum en brandbestryders was gou op die toneel. Drie winkels het heeltemal afgebrand, maar ons kon baie van die ander winkels red.”

Ntadi sê brandbestryders moes ’n rukkie spook om die brand in bedwang te kry. Die drie winkels het Donderdag omstreeks 13:00 steeds gesmeul.

Die brand het Coricraft in die East Rand Retail Park in puin gele. Foto: Eugenie Gregan

Die oorsaak van die brand is nog onbekend en inspekteurs was op die toneel.

Ntadi het sy kommer uitgespreek oor drie brandblussers buite die winkels wat nie gebruik is nie.

“ ’n Brand begin nie só groot nie, hy begin klein.”

Hy sê die brandweer het gedwonge toegang tot die winkels verkry deur onder meer deur die winkels langsaan se mure te breek.

Lindo Mbuli, bestuurder van Totalsports, sê die sportwinkel se deur is afgebreek en die muur is deurgebreek sodat

Tekkie Town en Adidas is in puin gelê nadat ’n brand Donderdagoggend by die East Rand Retail Park uitgebreek het. Foto: Eugenie Gregan

brandbestryders toegang tot Coricraft kon kry. Die Capitec-kitsbank se brandmuur het Totalsports grootliks beskerm.

“Ons kon nog nie bepaal of ons voorraad verloor het nie, maar verstaan dat daar meestal rookskade is.”

Jan van Briel, ’n bestuurder van Bentel Group wat die East Rand Retail Park besit, sê die brand het omstreeks 08:10 uitgebreek toe die sentrum nog gesluit was.

“Die brandweer was vinnig op die toneel. In dié stadium kan ons nog nie sê wat die oorsaak was of wat die omvang van die skade is nie.”

Die groep sal later ’n verklaring uitreik.

Daar is niks van die meubelwinkel Coricraft in die East Rand Retail Park oor ná ’n verwoestende brand Donderdagoggend nie. Foto: Eugenie Gregan

Die meeste van die winkels in die sentrum was Donderdagmiddag oop vir besigheid, maar die toneel rondom die verwoeste winkels is afgesper.

Die meubelwinkel Coricraft in die East Rand Retail Park het Donderdag afgebrand. Foto: Eugenie Gregan
Die meubelwinkel Coricraft in die East Rand Retail Park het Donderdag afgebrand.Foto: Eugenie Gregan
Brandbestryders Donderdag by die East Rand Retail Park waar drie winkels afgebrand het. Foto: Eugenie Gregan
Meer oor:  Tekkie Town  |  Adidas  |  Boksburg  |  Winkels  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.