Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Bekende Langebaan-restaurant brand

'n Bekende restaurant in Langebaan in die Weskus het Woensdagoggend gebrand nadat daar moontlik 'n gaslekkasie was.

Die brandweerdienste het die brand by navraag aan Netwerk24 bevestig en sê die Saldanha-branddienste is na die toneel waar die Driftwoods-restaurant gebrand het omdat Langebaan nie hul eie brandweerdienste het nie.

brand
Die bekende Driftwoods-restaurant het Woensdagoggend gebrand. Foto: Facebook/ Lee-Ann van Riel

"Ons vermoed dis 'n gaslekkasie," is aan Netwerk24 gesê.

Eileen Redelinghuys het gesê haar suster Linette Thurling het ontbyt in Pearly's-restaurant langsaan Driftwoods geëet toe hulle aangesê is om dadelik die gebou te verlaat omdat dit brand.

Die brandweerdienste het gesê hul woordvoerder is nie tans beskikbaar nie omdat hy na die toneel is.

Sosialemediagebruikers het Woensdagoggend foto's van die brand op sosiale media gedeel.

brand
Sosialemediagebruikers het foto's van die brand op Facebook gedeel. Foto: Warren Williams
driftwoods
Die Driftwoods-restaurant in Langebaan het Woensdagoggend gebrand. Foto: Warren Williams/Facebook

Meer oor:  Langebaan  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.