Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Kyk: Brand breek uit in Pilanesberg-reservaat
Die brand wat Saterdag in die Pilanesberg-natuurreservaat in Noordwes begin woed het. Brandbestryders spook steeds om die brand heeltemal geblus te kry. Foto: Verskaf
Die brand in Pilanesberg, Noordwes, het groot skade aan infrastruktuur en die natuur aangerig. Foto: Verskaf
Derduisende hektaar is verwoes in ’n brand wat die naweek in die Pilanesberg-natuurreservaat uitgebreek het. Foto: Verskaf

Brandbestryders spook sedert Saterdag om ’n brand te blus wat in die Pilanesberg-natuurreservaat in Noordwes uitgebreek en reeds tussen 5 000 en 8 000 ha se plantegroei vernietig het.

Teen Maandagoggend het dit nog net op sowat vier plekke in die reservaat gebrand, en tot dusver lyk dit of geen diere beseer is nie, het Johnson Maoka, reservaatbestuurder, laat Maandagoggend gesê.

Die infrastruktuur in een van die kampe is erg beskadig en Mankwe-voëlskuiling is heeltemal vernietig.

Volgens Maoka kon geen beseerde diere tot dusver tydens ’n helikoptervlug oor die gebied bespied word nie.

Die reservaat is Maandag weer vir die publiek oopgestel. “Ons hoop dat die laaste brande teen vanmiddag geblus sal wees,” het Maoka gesê. “Die wind het afgeneem, maar dit kan enige tyd verander of draai.”

Volgens hom het die brand Saterdag omstreeks 11:00 uitgebreek toe ’n inwoner van ’n nedersetting teenaan Pilanesberg vullis in sy erf verbrand het. “Die wind het die vuur na die reservaat aangeblaas. Dit het vinnig van die noordelike deel van die reservaat tot in die suidelike deel versprei.”

Benewens die reservaat se eie brandbestryders, het verskeie vrywilligers ingespring om te help om die brand te blus. “Gidse van al die lodges help,” sê Maoka. “ ’n Brandbestrydingsorganisasie van Buffelspoort en die organisasie Werk met Vuur help ook. Nog ’n organisasie, New Era Packaging, het 47 000 liter water geskenk.”

Meer oor:  Noordwes  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.