Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Brand in Kaapstad verwoes minstens 1 000 plakkershutte

Minstens 1 000 plakkershutte in die Masiphumelele-informele nedersetting naby Kommetjie in Kaapstad is Donderdagaand in ’n brand vernietig.

Jermaine Carelse, ’n woordvoerder van die Kaapstadse nooddienste, sê dit is in dié stadium onduidelik hoeveel blyplekke vernietig is. “Daar is ook nog geen aanduiding dat enigiemand in die brand beseer of dood is nie,” sê hy.

Dertien brandweerwaens, 65 brandbestryders en ’n helikopter was Donderdagaand laat nog op die toneel.

Dit is steeds onduidelik hoe die brand ontstaan het.

Die stad het Donderdagaand ’n beroep op inwoners gedoen om komberse, kos en klere te skenk.

Mense wie se huise afgebrand het, sal wel Donderdagaand slaapplek hê. “Die stad doen alles in sy vermoë om die mense by te staan. Baie van die inwoners sal ook by familie en vriende in die omgewing slaap,” aldus ’n mediaverklaring van die stad.

Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir informele nedersettings, sal Vrydagoggend die gebied besoek.

Dit stad beplan ook om binne 72 uur ’n plaaslike ramptoestand af te kondig.

Sterk wind bemoeilik sake vir die nooddienste om verskeie brande in die stad in bedwang te bring.

’n Veldbrand het Donderdagmiddag tussen Bakoven en Kampsbaai, net bo Victoria-rylaan, uitgebreek. “Dié brand is ook nog nie in bedwang gebring nie,” sê Carelse.

Houghton- en Llandudnoweg is ook gesluit weens dié brand. Dit hou egter nie gevaar in vir huise nie, sê Carelse.

Die brand naby Kampsbaai en dié in die Masiphumelele-informele nedersetting hou nie met mekaar verband nie.


Meer oor:  Kommetjie  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.