Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Die helde van Pixley Seme-straat
'n Brandweerbeampte stap verby drie kerse en drie brandhelms by die Fairview-brandweerstasie waar familielede van die gevalle brandbestryders deur die brandweer se kapelaandienste vertroos is. Foto: Simon Sonnekus
Die oorledenes was (van links) Mdusuzi Ndlovu (40), Khatutshelo Muedi (37) en Simpiwe Moropane (28). Foto: Verskaf
David Makhura, premier van Gauteng, vertroos 'n familielied van een van die drie brandweermanne wat Woensdag in die brand in die Bank van Lisabon-gebou omgekom het. Foto: Simon Sonnekus
Strate om die brandende Bank van Lisabon-gebou is vroegoggend afgesper. Die rookkolom was kilometers sigbaar. Foto: Murray Louw
Rook borrel uit die Bank van Lisabon-gebou in Johannesburg. Foto: Murray Louw
Brandweerbeamptes bespreek 'n plan van aksie by die Bank van Lisabon-gebou in Pixley Seme-straat. Agter hulle lê die skerwe glas wat in die vlamme ontplof het soos sneeu by die ingang. Foto: Judith Silomo
Die brand het vroegoggend weer opgevlam en woedende tonge rooi vuur het by die gebou uitgelek. Foto: Judith Silomo
'n Brandweerhyskraan word ingespan teen die vlamme wat Donderdag kort-kort weer ontvlam het. Foto: Judith Silomo
Brandweerbeamptes van die Tshwane-metro hou kajuitraad en gaan hulle toerusting na voordat hulle die brandende Bank van Lissabon-gebou binnegaan. Foto: Judith Silomo
'n Brandweerbeampte trek sy beskermende klere reg vir die taak wat voorlê. Foto: Judith Silomo
Dié brandweerman se blink swart stewels moet plek maak vir die vuurbestande geel stewels wat uitsteek onder die laag beskermde klere wat hy aantrek. Foto: Judith Silomo
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, praat met 'n roet besmeerde brandweerbeampte van die Tshwane-metro. Foto: Simon Sonnekus
'n Groep brandbestryders vat 'n blaaskans na die stryd teen die vlamme en versengende hitte. Foto: Simon Sonnekus
Twee brandweermanne rus pootuit teen die wiel van 'n brandweerwa. Foto: Simon Sonnekus
Lafenis vir die brandende kele van die brandweerbeamptes wat in groepe van vyf beurtelings die vlamme bestry het. Foto: Simon Sonnekus
Hamburgers, piesangs en sjokolade gee woema vir die stryd teen die vlamme. Foto: Simon Sonnekus
Die kameraderie tussen brandbestryders was sigbaar in die kort oomblikke wat hulle 'n blaaskans geneem het. Foto: Judith Silomo
'n Brandbestryder wag vir haar span se beurt teen die vlamme in die Bank van Lisabon-gebou in Johannesburg. Foto: Judith Silomo
Een van die 50 brandbestryders wat Donderdag gehelp het om die brand in die Bank van Lisabon-gebou onder beheer te bring. Foto: Judith Silomo
'n Stil oomblik vir Allan Bright, bedryfsbevelvoerder van die Johannesburgse brandweer. Foto: Judith Silomo
Twee brandweermanne volg Donderdag hulle kollegas se vordering. Foto: Judith Silomo
Die brand in die Bank van Lisabon-gebon het in die 23ste verdieping ontstaan en toe met die hysbakskag na ander verdiepings in die wolkekrabber versprei. Hier hou 'n brandweerman sy oog op kollegas wat verdiepings ver bo hom teen die vlamme stry. Foto: Judith Silomo
Teen laatmiddag was die brand onder beheer, maar ondanks die uitmergelende stryd sou brandweerbeamptes oornag aanbly om seker te maak dat die brand nie weer opvlam nie. Foto: Judith Silomo
Meer oor:  Jhb-Brand  |  Brandweer  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.