Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Gebou ontruim toe brand by MultiChoice uitbreek

'n Brand het Dinsdagmiddag by MultiChoice se gebou in Randburg uitgebreek.

Personeel is inderhaas ontruim.

Die brand het ontstaan omdat daar herstelwerk gedoen is om die gebou waterdig te maak, sê Jabavu Heshu, groephoof vir korporatiewe sake. 

Die brand het in die Magic Centre-gebou in Bram Fischer-rylaan uitgebreek. "Ons kan bevestig niemand het seergekry nie en die gebou is onmiddellik ontruim. Ons kan kykers ook gerusstel dat geen uitsendings deur die ontruiming onderbreek is nie," sê Heshu.

Die brand is kort voor 14:00 reeds geblus.

Heshu kon nie met sekerheid sê op watter vloer die brand uitgebreek het nie, maar sê die brandweer evalueer strukturele skade.

Nana Radebe, woordvoerder van die nooddiens EMS, sê die brand hou volgens 'n voorlopige ondersoek verband met die gebou se lugversorging. "Dit het op die dak gebrand en die rook het na die (binnekant) van die gebou versprei."

Die rook is intussen onder beheer.

Radebe het ook bevestig dat daar geen beserings was nie.

multichoice
Brandbestryders op die toneel. Foto: Jana Marx

Meer oor:  Multichoice  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.