Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Kaap se The Fireman’s Arms in vlamme gehul

Een van Kaapstad se mees ikoniese sportkroeë, The Fireman’s Arms, het Donderdag in die vroeë oggendure aan die brand geslaan.

Die binnekant van die gebou het nie gebrand nie. Die skade aan die biertuin kan egter deur die oop deur gesien word. Foto: Jaco Marais

Jermaine Carelse, woordvoerder van die stad se brandweer-en-reddingsdienste, sê die biertuin van The Fireman’s Arms in die Buitengracht is in die brand vernietig.

“Die brandweer-en-reddingsdienste het omstreeks 02:51 ’n noodoproep ontvang oor ’n gebou wat brand. Twee brandweerwaens, ’n reddingsvoertuig en 12 brandbestryders is na die brandtoneel.”

Carelse sê die brand is omstreeks 04:24 geblus.

“Die hele bedieningsarea buite, bestaande uit tafels en stoele, is vernietig. Die buitekant van die gebou is net effens beskadig deur die brand. Die oorsaak van die brand is onbekend en geen beserings is aangemeld nie,” het Carelse gesê.

Die biertuin-deel van The Fireman’s Arms het in die slag gebly. Foto: Twitter, jetmoses21
So lyk die skade aan die biertuin ná die brand by The Fireman’s Arms. Foto: Twitter, jetmoses21
Die biertuin van The Fireman’s Arms in ligte laaie Donderdagoggend. Foto: Twitter,@Gazareth_D

Volgens die eienaars van die kroeg was die skade meestal aan die biertuin en het die brand gelukkig nie na die binnekant versprei of strukturele skade veroorsaak nie.

Dean Kadir, een van die eienaars, sê hy is ná 02:00 deur hul veiligheidsmaatskappy ingelig dat die kroeg aan die brand is.

“Ons het onmiddellik uitgekom en toe ons die massiewe vlamme sien, het ek paniekbevange geraak. My moed het in my skoene gesak en ek was bekommerd dat die brand na die historiese binnekant van die gebou versprei het.”

Volgens Kadir is hulle reeds besig met opruimingswerk sodat hulle teen Vrydag weer hul deure kan oopmaak.

Mense het op sosiale media hul skok en ongeloof uitgespreek oor die brand by dié legendariese kroeg.

Die Facebook-gebruiker Dean Ryan het net voor 03:00 ’n selfoon-video gemaak van die brand.

View this post on Instagram

?? #firemansarms #thefiremansarms

A post shared by Hamid Reza (@rezar.life) on

Meer oor:  The Fireman’S Arms  |  Dean Kadir  |  Jermaine Carelse  |  Kaapstad  |  Brand  |  Sportkroeë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.