Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Kompos-aanleg in Johannesburg brand

’n Aanleg vir die vervaardiging van kompos in Diepsloot, Johannesburg, was Woensdagoggend in vlamme.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die aanleg in Summit-rylaan naby die R511 het omstreeks 05:00 aan die brand geraak.

“Dit was ’n ernstige brand. Gelukkig kon die brandweer die brand onder beheer bring. Hulle moes spesiale skuim gebruik om die vlamme te blus,” sê Mulaudzi.

Volgens hom is geen sterftes of beserings aangemeld nie.

Hy sê dit is nog onduidelik hoe die brand ontstaan het. Die owerhede stel ondersoek in.

Meer oor:  Diepsloot  |  Johannesburg  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.