Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Man uit gebou gered nadat een hom dood val

‘n Brandweerman wat besig was om'n brand by die Gautengse departement van gesondheid in Sauerstraat in die middestad van Johannesburg te blus, het 23 verdiepings uit die gebou geval.

'n Foto wat van die brandende gebou geneem is. Foto: Verskaf

In ‘n video wat deur ‘n joernalis op die toneel geneem is, kan gesien word hoe die lyk bedek word. 

Volgens Michael Sun, burgemeesterslid vir openbare veiligheid van die Johannesburg-metro, wat op die toneel is, is drie ander brandweermanne nog vasgekeer in die brandende gebou en 'n polisiehelikopter is besig om hulle te red. Volgens Sun is daar geen personeellede van die departement in die gebou oor nie; dit is reeds ontruim. Dis nog onbekend wat die brand veroorsaak het. Die polisie is op die toneel.

'n Brandweerman word uit die brandende gebou van die Gautengse gesondheidsdepartement gered. Foto: Verskaf

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, het van die voorval verneem en kon nie onmiddellik meer besonderhede verskaf nie.

Foster Mohale, woordvoerder van die nasionale departement van gesondheid, het via sy bronne op die toneel bevestig dat dit die departement van gesondheid se gebou is wat brand, en nie die departement van behuising, soos wat berig word nie.

Waarskuwing: Die beeldmateriaal kan sensitiewe kykers ontstel:

Hou Netwerk24 dop vir meer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.