Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Geboue in Worcester brand ook ná tenkwa ontplof

bran
Die reusebrand in Worcester. Foto verskaf

7:21

Volgens berigte is van die omliggende geboue ook aan die brand nadat die tenkwa ontplof het.

7:20

Die Worcester-munisipaliteit het inwoners gevra om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

"Inwoners moet kennis neem dat verskeie paaie in Worcester vir verkeer gesluit is nadat 'n petroltenkwa Woensdagoggend ontplof het," sê die munisipaliteit in 'n verklaring.

Die ingang na die woonbuurt Meiringspark naby die N1, is gesluit, terwyl Hoog-, Smit-, Field-, Brown- en Kerkstraat vir verkeer gesluit is.

Die munisipaliteit vra dat inwoners versigtig en stadig moet bestuur.

7:17

Dit blyk dat die tenkwa 'n ongeluk gemaak het en aan die brand geslaan het.


Sommige paaie in Worcester in die Wes-Kaap is Woensdag vir verkeer gesluit nadat 'n petroltenkwa  omstreeks 06:15 in Hoogstraat ontplof het.

brand
'n Vragmotor het Woensdagoggend in Worcester in die Wes-Kaap ontplof. Foto: Twitter/ Elton Greeve

Kapt. Lindikhaya Mkontwana, polisiewoordvoerder, sê die vragmotor het naby die verkeersligte na Zweletemba aan die brand geslaan.

"Ons kan nog nie bevestig of die geboue daar naby deur die brand geraak is nie," sê Mkontwana.

Kenny Africa, verkeershoof in die Wes-Kaap, sê die ontploffing was moontlik naby die Agri-vulstasie in Worcester.

"Die paaie is tans gesluit," sê Africa.

Bekommerde inwoners het Netwerk24 vroeg Woensdagoggend oor die ontploffing gekontak omdat hulle gemeen het dis 'n aardbewing.

Van die sosialemediagebruikers op Twitter meen die KWV-gebou is ook aan die brand.

Meer oor:  Worcester  |  Wes-Kaap  |  Vragmotor  |  Vulstasie  |  Ontploffing  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.