Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Steers brand in Kaapstad

’n Brand het Maandagoggend in die kombuis van die kitskosrestaurant Steers net buite die Cape Gate-winkelsentrum in Brackenfell, Kaapstad, uitgebreek.

Juan Jansen van Vuuren (30) van Durbanville was omstreeks 08:30 op pad na Stellenbosch toe hy die bolle rook sien.

“Ek het besef dit is Steers wat brand. Ek het my voertuig van die pad afgetrek en ’n video geneem,” het Jansen van Vuuren gesê.

Theo Layne, brandweerhoof van Kaapstad, sê ’n braaier of rooster wat oorverhit het, kon moontlik die brand veroorsaak het.

Niemand is beseer nie.

Meer oor:  Steers  |  Brackenfell  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.