Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Stryd teen vlamme gaan deurnag voort
Brandbestryders veg onverpoos om die vlamme onder bedwang te bring. Foto: Jaco Marais

Die veldbrand wat sedert Maandag in die Banhoekberge naby Franschhoek woed, het Vrydag oor die Jonkershoekberge na die Jonkershoekvallei in Stellenbosch versprei.

Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, die distriksmunisipaliteit en verskeie ander vennote uit verskillende dissiplines bestry steeds die veldbrand.

“Die brand het vroeg vandag (Vrydag) die bopunt van die Jonkershoekberge bereik en word deur ’n kombinasie van sterk winde en digte plantegroei aangedryf. Alle moontlike brandbestrydingshulpbronne word aangewend om skade aan eiendom te voorkom,” sê Otto.

franschhoek-brande

Sy sê brandbestryding sal deur die nag voortduur.

Brandbestryders probeer die vlamme blus wat eiendomme in die omgewing van Jonkershoek bedreig. Jaco Marais

Hoë wind en swak sigbaarheid weens die digte rook het die ontplooiing van lughulpbronne vertraag.

“Die toestande laat nou beperkte vlugte toe. Daar is 236 brandbestryders, grondspanlede en spanleiers wat in verskillende hoërisikogebiede werksaam is en hulle word ondersteun deur brandbestrydingsvoertuie – 13 van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, drie van CapeNature, ses van die Stellenbosch-munisipaliteit en drie van die Weskus-distriksmunisipaliteit.”

Twee Huey-helikopters, een Blackhawk en een Oryx-helikopter is ook ontplooi.

Die toestande laat nou beperkte vlugte toe.

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het ’n openbare kennisgewing op sosiale media uitgereik om inwoners van die Jonkershoekvallei en omliggende gebiede wat deur die brand geraak word aan te raai om hul samewerking aan die owerhede te gee.

“As gevolg van die geweldige digte rook in die gebied, raai ons aan dat bejaardes, verswaktes, diegene met onderliggende gesondheidstoestande soos asma en jong kinders dit moet oorweeg om by vriende en familie in ander gebiede te gaan bly.”

Brandbestryders probeer die vlamme blus in die omgewing van Jonkershoek. Foto: Jaco Marais
Die veldbrand in die Franschhoek- en Stellenbosch-omgewing het Vrydag na die Jonkershoekberge versprei en ’n digte rookwolk hang oor Stellenbosch. Foto: Jaco Marais
Brandbestryders sukkel om die brand te blus. Foto: Jaco Marais
Die veldbrand in die Franschhoek- en Stellenbosch-omgewing het in die Jonkershoekberge inbeweeg en ’n digte rookwolk hang oor Stellenbosch. Foto: Jaco Marais
Brandbestryders probeer die vlamme blus wat eiendomme in die omgewing van Jonkershoek bedreig. Foto: Jaco Marais
Die veldbrand in die omgewing van Franschhoek en Stellenbosch. Foto: Jaco Marais
’n Digte rookwolk hang oor Stellenbosch en omgewing. Foto: Jaco Marais
Brandbestryders probeer die vlamme in Jonkershoek onder beheer bring. Foto: Jaco Marais

Inwoners is ook gevra dat indien hulle bedreig voel en hul huise wil verlaat, hulle seker moet maak dat die huis veilig toegesluit is.

“Ons vra net dat die hekke oopstaan en nie gesluit word nie sodat die brandspanne, indien nodig, toegang tot die eiendom kan kry.”

Die gebied wat onder die brand deurgeloop het, ook aan die Overberg se kant, het teen 13:00 sowat 8 250 ha beloop.

Die veldbrand in die omgewing van Franschhoek en Stellenbosch het na die Jonkershoekberge versprei en ’n digte rookwolk hang oor Stellenbosch. ’n Brandbestryder probeer die vlamme blus. Foto: Jaco Marais

Teen Maandag laatmiddag het die brand die pieke van die Banhoekberge buite Franschhoek bereik.

Daarna het dit na die gebied van die Bergrivierdam versprei.

Teen Donderdag het die brandspanne die brandlyn weg van die R45 en landerye herlei.

Donderdag laatnag was die brand omtrent 68% onder beheer, maar met die verandering van die windrigting en die intensiewe hitte het die vlamme oor die bergpiek en na die digbewoonde Jonkershoekvallei beweeg.

Otto sê die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit is bewus van “kansvatters” wat op sosiale media vra dat kontantbydraes gelewer word.

“Onder geen omstandighede is dit nodig dat enigeen kontant skenk nie. Diegene wat graag skenkings wil doen, is welkom om water en sjokolade te skenk.”

Meer oor:  Franschhoek  |  Stellenbosch  |  Ontruiming  |  Wegholbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.