Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Veeartse wat bokkie red, sê nee vir geld

Die bokkie wat bekendheid verwerf het nadat hy van die vlamme by Bettysbaai gered is, sterk goed aan.

Brandweermanne van die Kaapse Wynland-brandweerdienste het Saterdagoggend die beseerde Kaapse grysbok in die berge gevind terwyl hulle die brande bestry het. Die bokkie het ernstige brandwonde aan sy hoewe en gesig gehad. Hy was gedehidreer en sy liggaamstemperatuur was laag.

Bambi sterk goed aan en begin weer self eet en loop.Foto: Facebook
Dr. Adri Rossouw, die veearts wat Bambi huisves en versorg totdat hy sterk genoeg is om vrygelaat te word.

Paramedici van ER24 het hom in hul voertuig gelaai, met warmwaterbottels warm gemaak en vir hom water gegee.

“Die bokkie is na die Country Animal Clinic in Somerset-Wes geneem, waar die veeartse dr. Tiaan Visser en dr. Rosali Briggeman die brandwonde op sy pote en gesig behandel het,” sê dr. Ingrid de Wet, hoofveearts van Country Animal Clinic.

“Hy is na die huis van dr. Adri Rossouw geneem om in ’n kalm, stil omgewing te herstel. Sy het hom die bynaam Bambi gegee.”

Volgens De Wet eet die bokkie goed en begin hy nou weer loop.

Die Country Animal Clinic het ’n foto van Bambi en Rossouw op Facebook gelaai en gesê dit gaan baie goed met die bokkie ondanks sy beserings.

“Hy waggel in die tuin rond en het baie gretig aan wingerdblare geknibbel.”

Bambi het brandwonde aan sy pootjies en gesig opgedoen.Foto: Facebook
Talle huise is in Bettysbaai verwoes. Foto: Adrian de Kock

De Wet sê hulle is baie tevrede met sy vordering.

“In samewerking met CapeNature probeer ons om hom volledig te rehabiliteer en later weer in sy natuurlike omgewing vry te laat.”

Omdat die bokkie ’n wilde dier is, sê De Wet hulle probeer om hom te beskerm teen te veel kontak met mense.

Die kliniek het ook dié wat graag geld vir sy versorging wou skenk op Facebook bedank, maar die hulp van die hand gewys.

“Ons is bereid om sy mediese koste te dra. As jy wil skenk, oorweeg asseblief die brandweermanne en paramedici wat hul lewe op die spel plaas om hierdie brande te beveg.”

Volgens lede van die buurtwag word die skrootmetaal van afgebrande huise bymekaargemaak en weggery. Dit is volgens die lede ’n uitdaging om te monitor dat al die metaal na wettige plekke weggeneem word.Foto: Adrian de Kock
Inwoners vertel hoe die brand teen die berg af al nader aan hul huis gekom het. Foto: Adrian de Kock
Voertuie is ook in die brand vernietig.Foto: Adrian de Kock
Meer oor:  Bettysbaai  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.