Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
KYK: Veldbrand naby Kimberley versprei vinnig na plase

’n Brand wat vermoedelik Dinsdagmiddag by die informele nedersetting in Riverton, sowat 20 km buite Kimberley, ontstaan het, het weens sterk wind vinnig na die omringende plase en die N12 versprei.

Boere uit die omgewing en brandbestryders het hulle na die gebied gehaas om die brand, wat in ’n ernstige veldbrand ontaard het, te probeer blus.

Die veldbrand het weens die sterk noordwestewind vinnig versprei en na die N12 voortgewoed.

Een van die plase wat deur die brand geraak is, is Droogtefontein.

Op die plaas Jonkershoek, wat teenaan die N12 geleë is, het ’n boer en sy werkers beeste aangejaag uit die veld wat in die pad van die brand was.

’n Dik rookbank het oor die N12 gehang en was duidelik vanaf Kimberley sigbaar.

'n Brand wat by die informele nedersetting in Riverton buite Kimberley ontstaan het, is deur sterk wind aangedryf en het na die omringende plase en die N12 versprei. Foto’s: Anena Burger

Ds. Andreas van Rooyen van die NG kerk op Boshof het Dinsdagmiddag gesê die brandspanne van dié Vrystaatse dorp, wat aan die Noord-Kaap grens, is op ’n gereedheidsgrondslag vir ingeval die brande oor die N12 in die rigting van Boshof sou versprei.

Hy sê brandgevaar-waarskuwings is vir tot en met Donderdag uitgereik.

Boere tussen Boshof en Dealesville en ook in die rigting van Kimberley moes die afgelope week weer eens veldbrande beveg wat hier ontstaan het.

“Die brande is gelukkig gou onder beheer gebring, maar die boere is nou al radeloos,” sê Van Rooyen.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê geen sake van brandstigting is ingedien nie en dit is nog nie duidelik hoe die brande ontstaan het nie.

'n Boer en sy werkers van die plaas Jonkershoek jaag beeste uit die pad van die veldbrand wat in Riverton ontstaan het.
Beeste van die plaas Jonkershoek langs die N12 buite Kimberley word uit die pad van die veldbrand aangejaag.
Boere en hul werkers het hulle na die brand gehaas om dit te probeer blus.
Die brand wat in Riverton by die informele nedersetting ontstaan het, het vinnig na die plaas Droogtefontein versprei.
'n Boervrou jaag na die brand wat in Riverton ontstaan en na die plaas Droogtefontein versprei het.
Die rook het sigbaarheid op die N12 belemmer.

Meer oor:  Kimberley  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.