Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Leerlinge laat besittings agter in brandende skool

Leerlinge van ’n laerskool in Kaapstad het Donderdag gekyk hoe vlamme ’n groot deel van hul skool verwoes.

Drie klaskamers, die biblioteek en die rekenaarlaboratorium van die Holy Cross RC Primary School in Zonnebloem langs Distrik Ses is in puin gelê voordat die brand geblus is, sê Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD).

Die Holy Cross RC Primary School in Zonnebloem in Kaapstad. Foto: Jana Breytenbach

In die haas om die skool te ontruim, het leerlinge hul besittings agtergelaat. Hulle is na ’n oop veld oorkant die skool geneem. Niemand is beseer nie.

Die skool sal Vrydag gesluit wees. Die departement tref intussen reëlings om klasse elders aan te bied.

Theo Layne, woordvoerder van die Kaapse brandweerdiens, sê die oorsaak van die brand kon nog nie vasgestel word nie. Dit word nog ondersoek.

Daar was agt brandweervoertuie en 27 brandbestryders op die toneel om die brand onder beheer te kry.

Die laerskool is in rook gedompel.
Meer oor:  Kaapstad  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.