Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Luukse lodge in Kgalagadi in veldbrand vernietig
Slegs die rame van die luukse tente”het oorgebly nadat die Polentswa-lodge afgebrand het.Foto: Verskaf

Die Polentswa-lodge, aan die Botswana-kant van die Kgalagadi-oorgrenspark, het Vrydag in die verwoestende veldbrande hier tot op die grond afgebrand, is Vrydagaand uit Botswana verneem

Veldwagters van die Suid-Afrikaanse kant van die park het sedert Donderdag reeds aan die Botswana-kant begin help om die brande te beveg om te keer dat dit na Nossop en ander gebiede in Suid-Afrika versprei, het Genevieve Maasdorp, Sanparke-woordvoerder in die Noord-Kaap, Vrydag gesê.

Sy is egter nie by magte om kommentaar namens Botswana se bestuur van die Kgalagadi-oorgrenspark te lewer oor die Polentswa-lodge wat afgebrand het nie.

Die veldbrand woed glo reeds meer as ses weke in Botswana en het ook daartoe gelei dat vlamme wat Sondag by MacCarthy’s Rust op die suidelike grens tussen Suid-Afrika en Botswana oorgespring het, die plantegroei op sowat 16 000 ha in die Severn-gebied in die Kalahari vernietig het.

Slegs die rame van die luukse tente het oorgebly.Foto: Verskaf
’n Vroeëre foto van die Polentswa-lodge. Foto: Facebook/Michael Borcherds
Die binnekant van een van die luukse tente van die Polentswa-lodge in Botswana in die Kgalagadi-oorgrenspark. Foto: Facebook/Ta Shebube
Wessel Wessels het hierdie lugfoto van die Polentswa-lodge geneem. Foto:Wessel Wessels

Corlette Wessels, ’n bekende natuurfotograaf van Pretoria wat gereeld die Kgalagadi-park en die Polentswa-lodge besoek, sê dit is ’n absolute tragedie dat die lodge in die slag gebly het.

“Gelukkig is nie een van die werkers beseer nie.”

Die omvang van die brandskade is in dié stadium nog onbekend en dit is nie seker hoeveel diere doodgebrand het of beseer is nie.

Die Polentswa-lodge bestaan uit ’n reeks luukse tentstellasies wat op houtplatvorms op die duine bo die Polentswa-pan gebou is.

Wilde diere besoek graag die pan en in die gerief van die lodge kon besoekers dié tonele rustig geniet.

Talle gereelde besoekers aan die lodge het Vrydagaand hul skok en hartseer oor die voorval uitgespreek.

“Hierdie is devastating verby,” het Johan Kloppers geskryf.

Susan Terblanche de Villiers het geskryf die uitsig van die lodge se stoep af was die mooiste. “Dit is baie hartseer.”

nogbrande
Grafika
botswana
Grafika

Lees ook: Brande in Botswana bedreig ook SA kant van Kgalagadi.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.