Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Ma, 2 kinders brand in huis dood

’n Ma en haar twee jong kinders is Donderdagaand in ’n brand in hul informele huis in Nomzamo in die Strand dood.

Die lyke van die 22-jarige ma, haar sesjarige seuntjie en twee jaar oue dogtertjie is in die puin gevind.

Jermaine Carelse, nooddienswoordvoerder, sê die brandweer is omstreeks 23:20 na die toneel ontbied.

“Toe die brandweer op die toneel in Nombulastraat aankom, het omstanders gesê dat die inwoners van die huis vermis word. Die lyke is kort daarna in die puin gevind.”

Die brand is net ná middernag geblus.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die brand.

Meer oor:  Strand  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.