Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Ma steeds kritiek ná huisbrand wat neefs eis

Die ma van ’n gr. 12-leerling wat Dinsdag in ’n huisbrand in Pine Ridge naby eMalahleni in Mpumalanga dood is, se toestand is steeds kritiek.

’n Huisbrand het Dinsdag twee lewens geëis.

Haar seun en sy neef, onderskeidelik 18 en 21 jaar oud, het doodgebrand. Hulle was gr. 12-leerlinge aan die Pine Ridge Combined School.

Netwerk24 het vroeër berig inwoners het gesê daar was Dinsdag ’n kragonderbreking in die gebied en toe die krag daarna herstel is, het rook en vlamme by die huis uitgeborrel.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê hoewel inwoners hulle na die huis gehaas het, kon hulle net die ma red.

“Die jong mans was binne vasgekeer en het doodgebrand.”

Hlathi sê die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie en dat dit ondersoek word.

“Ons kan ook nie die tyd van die brand bevestig nie.”

Meer oor:  Mpumalanga  |  Emalahleni  |  Huisbrand  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.