Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Man dood ná inwoners sy huis glo brand

Die polisie van Selosesha in Thaba Nchu buite Bloemfontein ondersoek sake van moord en brandstigting nadat ’n man in sy huis doodgebrand het.

Gemeenskapslede het na bewering die man se huis in Motlatla Trust Vrydag omstreeks 23:20 aan die brand gesteek.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, kon die man se vrou en kind uit die huis vlug, maar het hy doodgebrand.

Ons veroordeel boendoegeweld.

Polisiebeamptes het ’n ooggetuie op die toneel gekry wat gesê het dat iemand in die huis doodgebrand het.

Volgens Makhele het die gesin geslaap toe die inwoners die huis aan die brand gesteek het.

“Ons veroordeel boendoegeweld, want dit ondermyn die polisie se pogings om die oortreders aan te keer en hulle te laat verhoor,” sê Makhele.

Volgens hom was daar bewerings van veediefstal en het die gemeenskap twee ander mense aangerand voordat hulle na die oorledene se huis is en dit aan die brand gesteek het.

Klagte van moord, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Thaba Nchu  |  Bloemfontein  |  Brand  |  Huis  |  Dood  |  Huisbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.