Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Mediclinic Cape Gate gedeeltelik ontruim weens brand
Die brand by die Mediclinic Cape Gate.Foto: Facebook/Gideon Lotter

’n Gedeelte van die Mediclinic Cape Gate is Maandagaand ontruim nadat ’n brand by die hospitaal uitgebreek het.

Die brand het blykbaar aan die agterkant van die hospitaal ontstaan, maar personeel was onseker of dit binne of buite ’n groot vullisdrom begin het.

Hospitaalpersoneel het bevestig dat die brandweer op die toneel was.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer- en-reddingsdienste in Kaapstad, sê hul brandweerspanne het Maandag omstreeks 20:00 ’n noodoproep ontvang.

“Brandbestryders van Kraaifontein, Durbanville, Brackenfell en Bellville is na die toneel. Die eerste verdieping van die hospitaal is ontruim en in hierdie stadium is twee persone behandel vir rookinaseming.”

Carelse sê die brand is onder beheer gebring en die omvang van die skade sal eers vasgestel kan word wanneer die brand geblus is.

Brandbestryders was tot laataand op die toneel.

Meer oor:  Brand  |  Mediclinic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.