Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Metro slaan vure dood oor brande

Al moet die Johannesburgse nooddienste met slegs die helfte van sy brandweerwaens funksioneer, is hy deurgaans in staat om ’n doeltreffende nooddiens aan alle inwoners te bied.

Só sê Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste.

“Dit is ’n belediging om ons uit te beeld as ’n spul onprofessionele brandbestryders wat nie weet wat ons doen nie.”

Dié reaksie volg op die aantygings van inwoners van Claremont in Randburg dat die nooddienste onvoorbereid was vir die brand wat verlede week hier gewoed het. Minstens 80 hutte is in die brand verwoes.

Hy sê minstens die helfte van die brandweerwaens in Johannesburg is tans in die werkwinkels “pleks daarvan dat dit die inwoners bedien”.

“Ons is veronderstel om minstens 29 operasionele brandweerwaens in die stad te hê, maar ons funksioneer tans met die helfte daarvan (sowat 14),” sê hy.

Dit neem tussen ’n week en ’n maand om die voertuie te herstel.

“Die waens is ingevoer, so die onderdele is nie plaaslik beskikbaar nie. Ons moet wag dat die onderdele bestel en afgelewer word en dié proses neem tyd.”

Mulaudzi sê die brandweerwa in Eldoradopark was nie beskikbaar nie en die Rietfontein-brandweerstasie het sowat ’n halfuur later by die toneel opgedaag.

Hy sê die metro wil al die voertuie vervang omdat die meeste 20 jaar oud is.

“Ons het reeds vyf nuwe waens gekoop wat die gemeenskappe in Lawley, Fairview, Florida Park, Jabulani en Cosmo City bedien.”

Mulaudzi sê die eerste brandweerwa van die Brixton-stasie het binne 15 minute by die toneel in Claremont opgedaag.

“Die nooddienspersoneellede berei hulself met elke skof voor vir enige noodgeval, selfs gevaarliker as die voorval in Claremont,” sê hy.

“Ons wil dit op die rekord sit dat ons vir dié noodgeval voorbereid was. Ons het ons uiterste bes gedoen om te voorkom dat die brand na ander gebiede versprei, asook om verdere skade en lewensverlies te voorkom.”

’n Dag voor dié brand het drie vroue en ’n veiligheidswag ’n veldbrand geblus omdat die nooddienste na bewering nie by die toneel opgedaag het nie, berig Roodepoort Record.

Minstens agt busse is verwoes toe ’n brand verlede Maandag in Eldoradopark uitgebreek het, berig Daily Sun.

Mulaudzi sê die brandweerwa in Eldoradopark was nie beskikbaar nie en die Rietfontein-brandweerstasie het sowat ’n halfuur later by die toneel opgedaag.

  • Voorkom brande deur jou verhittingstoestelle af te skakel as jy nie in die omtrek is nie.
  • Woon die gratis openbare onderriginisiatiewe oor veiligheid by die Besafe-sentrum in jou gebied by. Skakel 011 758 5050 vir meer.
Meer oor:  Claremont  |  Randburg  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.