Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Nóg ’n brand woed in St. Francisbaai

20:19

Volgens die Kouga-munisipaliteit is die brand na 19:00 onder beheer gebring en owerhede hou die situasie dop.


’n Brand woed het Donderdagmiddag in die vakansiedorp St. Francisbaai in die Oos-Kaap, gewoed.

Volgens onbevestigde berigte is ’n paar huise reeds in die brand wat Donderdagmiddag uitgebreek het, verwoes.

Volgens Laura-Lee Randall, ’n woordvoerder vir die Kouga-munisipaliteit, woed die brand tans rondom Lymeweg-noord in St. Francisbaai.

Drie huise is volgens onbevestigde bronne reeds deur die brand geraak, het Randall gesê.

“Ons het die (Nelson Mandelabaai)-metro nou vir hulp gevra en ’n helikopter is ook op pad om te help,” het sy bygevoeg.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar ’n veldbrand woed glo in die bosse agter Lymeweg-noord.

In Desember verlede jaar is meer as tien huise in dié vakansiedorp in ’n wegholbrand in puin gelê.

Meer as 70 huise is in 2012 óók deur ’n brand in dié dorp verswelg.

Klik hier om na die video te kyk. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.