Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Noodfondse gevra vir Knysna, Bitou
Werkers van Werk met Vuur (WoF) besig met die stabilisering van ’n helling in Knysna. Foto: Verskaf

Die Wes-Kaapse rampbestuur vra R194 miljoen in noodfondse van die nasionale rampbestuurfonds vir onder meer asbesverwydering en die rehabilitasie van die omgewing in Knysna en Bitou.

Nasionale rampbestuur het Knysna en Bitou verlede week besoek waar brande in Junie huise en infrastruktuur op groot skaal verwoes het. ’n Spesiale komitee, die Tuinroete-herbouingskomitee, is toe in opdrag van die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, gestig.

Luidens die komitee se jongste vorderingsverslag word R50 miljoen benodig vir asbesverwydering en R37 miljoen vir die rehabilitasie van die omgewing.

Die Eden-distriksmunisipaliteit meet tans die voorkoms van asbes in die lug op minstens drie plekke. ’n Diensverskaffer is aangestel om oorblywende huise wat gedeeltelik of heeltemal vernietig is vir asbes te assesseer. Die uitslae word vandeesweek verwag.

Tydens ’n besoek aan Knysna het Alan Winde, Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese geleenthede en toerisme, en Eden se burgemeester, Memory Booysen, op bouroummel met asbes afgekom wat onwettig langs die pad na Brenton-On-Sea gestort is. Mense kan onwettige stortings in Bitou by 086 124 8686 of in Knysna by 081 556 9374 aanmeld.

Tydens vergaderings het inwoners hul kommer laat blyk oor asbesverwydering en die uitbetaal van versekeringseise. Woensdag (6 September) word ’n byeenkoms by die Premier Hotel in Knysna gehou waar die ombudsman vir versekering en verteenwoordigers van versekeringsmaatskappye teenwoordig sal wees.

Vir inwoners van ander gebiede in Knysna en Bitou is sekere bouverwante fooie tersyde gestel. In Knysna hoef sommiges ’n jaar lank ook nie eiendomsbelasting te betaal nie.

In Witlokasie, Knysna is 45 gesubsidieerde huise en 150 informele huise beskadig of vernietig in die brande.

Die provinsiale department van menslike nedersettings behartig tans die installering van dienste vir 150 persele. Tydelike huise word ook gebou. Tien is reeds voltooi.

Vir inwoners van ander gebiede in Knysna en Bitou is sekere bouverwante fooie tersyde gestel. In Knysna hoef sommiges ’n jaar lank ook nie eiendomsbelasting te betaal nie.

Grondeienaars is voorts gewaarsku om die risiko vir brande op hul eiendom te verminder. Die Tuinroete het die hoogste voorkoms van indringerplante in Suid-Afrika. Die plante sal na verwagting sterker groei na die brande. Werk word tans gedoen om onder meer grond te stabiliseer om modderstortings en erosie te voorkom.

Meer oor:  Helen Zille  |  Alan Winde  |  Knysna  |  Bitou  |  Knysna-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.