Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Overstrand-brand: Landgoed waar Kallis trou ook getref
Die brand saai verwoesting rondom Franskraal. Dit het versprei na die Hemel-en-Aarde vallei. Foto: Jaco Marais

Die krieketspeler Jacques Kallis se troue Saterdag by die Bona Dea-landgoed met Charlene Engels in die Hemel-en-Aarde-vallei het so byna nie plaasgevind nie nadat verwoestende veldbrande Vrydag ook dié gebied getref het.

Rina de Wet, bestuurder van die Bona Dea-plaas, sê die plaas is wel in die brande beskadig, maar dat die troue kan voortgaan.

“Die venue waar die troue gehou word, is nie beskadig nie. Van die tuine en ’n ander gebou is deur die brand beskadig, maar die troue gaan voort,” sê De Wet.

Jacques Kallis en Charlene Engels. Foto: Instagram

Welkome reën het Vrydagaand oor die brandgeteisterde Overstrand uitgesak en verligting in die gebied gebring.

Owerhede is besig om vas te stel hoe erg die skade in die gebied is.

Volgens ’n verklaring van die Groter Overstrand-brandbestrydingsvereniging is die gebied tans sonder krag nadat kragpale in die brande beskadig is. Eskom het deur die nag gewerk om die kragtoevoer te probeer herstel, maar kon nog nie al die foute regmaak nie.

Inwoners van Franskraal moes teen Vrydagmiddag hul huise ontruim nadat ’n wegholveldbrand ook hier uitgebreek het.

Winde van tot 90 km/h het die brande aangedryf.

Die brandbestrydingsvereniging sê in Bettysbaai is 31 wooneenhede in puin gelê terwyl 28 gedeeltelik beskadig is.

’n Geraamde 12 800 hektaar natuurlike veld is in die brande verwoes.

’n Volledige impakstudie sal gedoen moet word om vas te stel hoeveel skaars en bedreigde spesies deur die brand geraak is.

Die reën het baie gehelp om die gebied oornag af te koel.

Stormsterkwinde het in die Elginvallei tot skade gelei. Oorhoofse kragdrade het aan mekaar geraak en brande teen die Palmietrivier veroorsaak.

Wingerde en boorde is deur die brande bedreig, maar swaar reënbuie het Vrydagaand gehelp om die vure te blus.

Brandbestryders hou die palmiete in die rivier dop omdat dit geneig is om lank te smeul en weer kan begin brand.

Die Bona Dea-landgoed vanuit die lug gesien. Foto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.