Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Pa en 2 dogters dood nadat hy huis aan die brand steek

’n Senior amptenaar van Statistieke Suid-Afrika (SSA) in Limpopo het Maandag die huis buite Tzaneen waarin hy en sy twee dogters was, aan die brand gesteek. Al drie is in die gesinstragedie dood.

Gladwin Mboweni (51) en sy twee dogters, Mikateko (13) en Tsakane (9). Foto: Verskaf

Gladwin Mboweni (51) was ’n waarnemende areabestuurder van SSA in die Mopani-distrik.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die treurspel het Maandag omstreeks 07:00 gebeur.

Mboweni se dogters, Mikateko Tonia Mboweni (13) en Tsakane Tilda Mboweni (9), se verkoolde lyke is in twee kamers in die huis gekry.

Mojapelo sê bure van Mboweni het Maandagoggend die vlamme gesien wat die huis in Nkowankowa, buite Tzaneen, verswelg het. Dit is nog nie seker watter vlambare vloeistof Mboweni gebruik het om die huis aan die brand te steek nie.

Van die bure het oor ’n muur gespring en ’n venster van die huis gebreek om te probeer help. Intussen het ander bure die polisie en die brandweer gebel.

Mboweni, wat bewusteloos was, is uit die huis gesleep. Hy is later buite die huis, vermoedelik aan rookinaseming, dood.

Mojapelo sê die bure kon weens die vlamme en onhoudbare hitte nie die twee meisies red nie. Die brandweer het op hul verkoolde lyke afgekom nadat hulle die vlamme geblus het.

Die huis nadat die brandweer die vuur geblus het. Foto: SAPD

Volgens Mojapelo was Mboweni en sy vrou vervreem en hul twee dogters het by hom gebly.

Mikateko en Tsakane was leerlinge aan die Meridian College in Nkowankowa.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die voorval veroordeel en weer eens die publiek gemaan om nie geweld te gebruik om probleme op te los nie.

Nkakareng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het in ’n verklaring gesê sy is geskok oor die gesinstragedie. “Voorvalle van gesinsgeweld neem skerp toe in Limpopo en dit is ’n groot bron van kommer.”

Rakgoale het gesê die departement het maatskaplike werkers na die familie, vriende en bure van die Mbowenis gestuur.

Meer oor:  Huis  |  Gesinstragedie  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Amptenaar  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.