Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Pa en seun sterf in brand

’n Pa en seun het Saterdag in die vroeë oggendure in hul plakkershut in Gqeberha (Port Elizabeth) doodgebrand.

Aston McKay is in sy plakkershut deur vlamme verswelg.

Die oorledenes is as Aston McKay (ongeveer 53) en Alistair McKay (ongeveer 24) geïdentifiseer.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê vlamme het die oorledenes in hul woonplek in William Slammert-rylaan in Bethelsdorp verswelg.

Volgens Naidu het die polisie om 01:30 gereageer toe hulle ingelig is oor ’n brand.

Die brandweer is ontbied en het daarin geslaag om die brand teen 05:00 te blus.

Nadat dié brand geblus is, het die hut waarin Aston en sy seun geslaap het, vlamgevat.

Die polisie het op hul verkoolde lyke afgekom.

Die oorsaak van die brand word ondersoek. ’n Dossier is deur die polisie geopen.

Meer oor:  Gqeberha (Port Elizabeth)  |  Sterf  |  Seun  |  Brand  |  Pa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.