Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Pinelands: Gesin verloor alles in brand in ekopark

’n Gesin van Pinelands, Kaapstad, het Vrydag alles in ’n brand verloor toe hul huis én kleinsakeonderneming vernietig is.

’n Lid van die brandweer blus die laaste vlamme ná die brand Vrydagoggend by die Oude Molen-ekopark in Pinelands, Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Verskeie strukture in die Oude Molen-ekopark in Pinelands was Vrydagoggend vroeg in ligte laaie.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstadse brand-en-nooddienste, sê hulle is omstreeks 06:30 na die toneel ontbied. Die brand is geblus en niemand is beseer nie.

Volgens Rod Solomons, sekretaris van die Oude Molen-ekopark-huurdersvereniging, het ’n paartjie, hul kinders en uitgebreide gesin, se huis en winkel in die slag gebly.

Selfs die gesin se groentetuin is vernietig.

Solomons sê daar word vermoed dat ’n elektriese fout die brand veroorsaak het. Die uitgebreide gesin van meer as tien mense gaan nou tuis op ’n ander perseel totdat hulle ’n nuwe permanente blyplek kry.

Die ekopark was volgens sy webwerf eens ’n verlate en gevandaliseerde hospitaalkompleks, wat ontwikkel het in ’n omgewingsvriendelike dorpie van mikro-ondernemings, organisasies sonder winsbejag en maatskaplike ondernemings.

Daar is onder meer ’n sorgsentrum vir bejaardes, ’n perdryskool en goedkoop verblyf vir toeriste.

Solomons het Vrydag gesê hy ken die gesin nie persoonlik nie en het teen Vrydagmiddag nog nie besoek by hulle gaan aflê nie.

Meer oor:  Jermaine Carelse  |  Kaapstad  |  Pinelands  |  Brand  |  Ekopark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.