Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Brande op plase buite beheer, nog 4 vas vir brandstigting

Vier mense is Donderdagaand in hegtenis geneem vir brandstigting nadat hulle in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap op die Vrystaatse grens opgemerk is.

Frederik van Zyl, veiligheidskoördineerder van Vaalharts Landbou, sê hulle het ’n goue Nissan Tiida agternagesit en in Spitskop vasgetrek.

Dit is nie dieselfde mense wat laat Donderdag na bewering ’n brand gestig het op ’n plaas in die nabygeleë Boshof in die Vrystaat nie, sê hy.

brande, motor, verdagtes
Die vier verdagtes wat aangekeer is het in hierdie motor met 'n Noord-Kaap-registrasienommer gery.

Die brande het deur die nag gewoed en brandgroepe van onder meer Working on Fire het Vrydagoggend nog gespook om die vlamme onder bedwang te bring.

Na verneem word was die gronde langs die Kimberley-pad in ligte laaie en het die plase Oranje en Brakpan gebrand. Dit brand steeds by Shambi Lodge.

Soveel as 80% van die plase in die gebied het die week afgebrand, volgens inwoners.

Ds. Andreas van Rooyen van die NG kerk in Boshof was op die toneel waar brande Donderdagaand buite beheer gewoed het.

’n Brand is Sondag by Hertzogville gestig en 17 mans het Maandag in die hof verskyn. Dit is nadat brande in Boshof ontstaan het, maar die redes hiervoor is nog onbekend. Afsonderlike brande is Donderdagaand by Boshof en in Warrenton gestig, en van die mense is in hegtenis geneem.

Kol. Thandi Mbambo het laat Donderdag gesê geen nuwe inhegtenisnames is by die polisie aangemeld nie.

Marita du Plessis, ’n boervrou van Wiets Safari’s Naby Kimberley, het in ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa wat op sosiale media geplaas is geskryf. “Mnr. Ramaphosa, hoekom wil jy ons nie help nie? Dis 4:30 Vrydagoggend en dit is uit radeloosheid dat ek die brief skryf. Ons manne is moeg in murg en been en ons vroue is gedaan oor hul veiligheid. Wit en swart baklei skouer aan skouer vir ’n week nou sonder ophou.” Sy skryf soos wat sy op haar stoep staan tel sy 25 bakkies wat op en af jaag om ’n brand onder bedwang te bring.

Sterk winde en hoë maksimumtemperature word vir Vrydag en die res van die naweek vir hierdie gebiede voorspel.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Jan Kempdorp  |  Vrystaat-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.