Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Plase dalk in gevaar ná wind vlamme by Bainskloof aanblaas

Ure nadat brandbestryders Donderdagmiddag ’n brand by Bainskloof onder beheer gekry het, het ’n sterk suidoostewind veroorsaak dat hulp weer ingeroep moes word.

Luidens ’n verklaring van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit is daar ’n kans dat plase in die omgewing in gevaar kan wees en daarom is helikopters herontplooi om die vlamme weer onder beheer te bring.

“Alle hulpbronne is ontplooi en is aktief betrokke,” sê die munisipaliteit in ’n verklaring.

Vroeër is berig dat brandbestryders Donderdag vir ure gespook het om ’n brand wat in die berge bokant Tweede Tol in Bainskloof gewoed het, in bedwang te bring.

Volgens die plaaslike brandweerdiens het die brand Woensdagaand weens weerlig ontstaan.

Vier helikopters is aanvanklik ontplooi om water op die vlamme neer te laat terwyl 54 brandbestryders op die grond gewerk het.

Die spanne het hard gewerk om te verhoed dat landerye en eiendomme verwoes word. Cape Nature se gekontrakteerde brandweerdiens, Working on Fire, is ook ontplooi om die brand te help blus.

Meer oor:  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.