Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Polisie krap kop oor lyke in uitgebrande huis

Niemand is nog aangekeer in verband met die moord op ’n bejaarde man en vrou wat oor die naweek dood in hul huis in Thaba Nchu in die Vrystaat gekry is nie.

Die man en vrou, onderskeidelik 74 en 71 jaar oud, is Saterdagmiddag in hul huis in die Moroka-nedersetting gevind toe brandweermanne na hul huis, wat in ligte laaie was, ontbied is.

’n Brand het Saterdag in die pakkamer van die Shoprite in Thaba Nchu uitgebreek. Foto: Trauma Response Africa

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê die name van die oorledenes word op versoek van die familie weerhou.

Die vrou se lyk is in die uitgebrande kombuis gekry en die man is met kopwonde onder komberse in die sitkamer gevind.

Kledingstukke en komberse het oral in die huis rondgelê.

Die polisie het beslag gelê op ’n geel 20-liter-houer met petrol wat in die eetkamer gevind is en ’n knopkierie wat moontlik die moordwapen was.

* Die brandweer was Saterdag net ná 12:00 besig om ’n brand by die Shoprite in Thaba Nchu se pakkamer te blus toe hulle die oproep oor die huisbrand ontvang.

Sowat 25 brandweermanne en ses voertuie het van 12:19 af gespook om die brand in die pakkamer van vier verdiepings in bedwang te bring.

Niemand is in die brand beseer nie.

Shoprite het Maandag gesê ’n onafhanklike forensiese span ondersoek die oorsaak en omvang van die brand by die winkel en wanneer hulle weer hul deure in Thaba Nchu kan open.

Enigiemand met inligting oor die moord kan die speurders in Thaba Nchu by 082 301 6381 bel.

Meer oor:  Thaba Nchu  |  Polisie-Ondersoek  |  Lyke  |  Brand  |  Misdaad  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.