Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Polisie soek 2 ná brande in St. Francis

Die polisie soek na twee mans wat moontlik verantwoordelik is vir die brand wat 12 luukse huise in die vakansiedorp St. Francisbaai in puin gelê het.

Die wegholbrand het Donderdagmiddag binne enkele ure deur ’n gedeelte van die kusdorp versprei nadat ’n veldbrand naby Lymeweg-Noord uitgebreek het.

Een van die huise wat die afgelope week in St. Francisbaai deur ’n wegholbrand verwoes is. Foto: Facebook, Kouga-munisipaliteit

Die polisie in die Oos-Kaap het Vrydag hul geregtelike ondersoek na die brand in brandstigting verander nadat hulle inligting oor die moontlike oorsaak van die brand gekry het.

Dit kom nadat ’n vrou beweer het sy het twee mans Donderdag omstreeks 13:00 met ’n byekorf in ’n veld agter Lymeweg-Noord gesien, het sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Na beweer word, het die twee mans bye met rook probeer verjaag toe die brand uitbreek.

Nóg ’n huis waarvan slegs die buitemure nog staande is nadat dit Donderdag deur ’n brand verswelg is. Foto: Facebook, Kouga-munisipaliteit

Die ooggetuie het aan die polisie gesê die twee mans het weggehardloop toe die brand ontstaan.

Een man het blykbaar ’n blou oorpak aangehad, terwyl die tweede man ’n fiets gestoot het.

Hoewel die brand Donderdagaand in bedwang gebring is, het brandbestryders Vrydag steeds die toneel dopgehou. ’n Ondersoek na die skade aan eiendomme is Vrydag gedoen, waarna Laura-Leigh Randall, woordvoerder vir die Kouga-munisipaliteit, gesê het agt huise het afgebrand en vier is beskadig weens die brand.

Nkohli het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om dringend na vore te kom met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help.

Ao. Lwazi Solombela kan by 071 475 1831 gebel word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Altesaam 12 huise is Donderdagmiddag deur ’n brand naby Lymeweg-Noord in St. Francisbaai verwoes. Foto: Facebook, Kouga-munisipaliteit

Meer oor:  St. Francisbaai  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.