Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Radio-uitsendings aangepas ná brand by SAUK

Die SAUK se radio-uitsendings moes Dinsdagmiddag inderhaas aangepas word nadat ‘n brand by die Radiopark-gebou in Auckland Park uitgebreek het.

Al die personeel is uit die gebou verwyder nadat ‘n brand in ‘n kafeteria uitgebreek het.

Vyf mense is na hospitale gebring vir rook-inaseming.

Die brand is intussen geblus.

Die Middag op RSG-program moes deur Martelize Brink en Johan Rademan uit die radio-ateljees van die SAUK in Kaapstad uitgesaai word. Dié tydgleuf vanaf 12:00 tot 15:00 word gewoonlik uit die Radiopark-gebou in Auckland Park uitgesaai.

Vuyo Mthembu, woordvoerder van die SAUK, kon nie sê wat die oorsaak van die brand is nie.

sauk
Die toneel is teen 13:00 ontruim. Foto: Jana Marx

Meer oor:  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.